Naskool
Naskoolprogram
- Toesig en hulp met huiswerk by naskool
- Veilige omgewing om te speel met maats
- Ons is stapafstand van Laerskool Wierdapark af (teen aan skool, geen pad word gekruis nie)
- Middagete asook broodjies en koeldrank word bedien.
Daaglikse Skedule
Aankoms:
13:15 p.m. (13:00 op Vrydae)
Graad R, 1 & 2 word afgehaal by Laerskool Wierdapark. Gebalanseerde Middagete word bedien. Trek speelklere aan.
Gr 3’s stap self na Wierie Woekerland in die middae. Gebalanseerde Middagete word bedien. Trek speelklere aan.
Gr 4-7s stap self na Wierie Woekerland in die middae. Gebalanseerde Middagete word bedien.
Studietyd:
14:15 p.m.
Studietyd vir leerders om huiswerk te doen onder toesig.
Peusel:
15:15 p.m.
Broodjies en koeldrank. Gr 4-7’s trek speelklere aan.
Vryspel:
15:30 p.m.
Speel vrylik buite onder toesig.
Studietyd:
15:30 p.m.
Tweede huiswerksessie indien eerste sessie a.g.v. buitemuurse aktiwiteite gemis is. In eksamentye studeer die gr 4-7’s tot en met 16:15.
Skool sluit:
17:30 p.m.