Babas

Ons skep ‘n veilige tuiste waar u kleinding daagliks met empatie versorg word. Omgee-personeel skep ‘n liefdevolle ruimte waar dit waarlik soos HUIS voel!
3-12 maande 6:30 – 17:30
Peuters

Waar elkeen speel-speel ontwikkel! Liefdevolle personeel stap daagliks die ekstra myl. Hier word elke peuter gereed gemaak vir “selfdoen”.
1-2 jaar 06:30 – 17:30
Kleuters

Nou het elkeen reeds hulle talente ontdek en hier word dit daagliks verder ontwikkel en gestimuleer deur goed beplande leermateriaal.
3-5 jaar 06:30 – 17:30
Naskool

Hier kweek ons ‘n liefde vir huiswerk, leer en selfdissipline. Ons leer saam, ontwikkel saam en speel saam op ‘n pragtige terrein. Ons is ‘n wenspan!
6-13 jaar 13:00 – 17:30
Maandelikse Kalenderblad
Babas, peuters en kleuters ontvang elke maand ‘n kalenderblaadjie waarop punte van belang vir die betrokke maand aangedui word. Druk hier vir die nuutste kalender blad.
Ure
Maandag tot Vrydag: 06:30 – 17:30
U kan slegs vanaf 06:30 by die kodehek inkom.
Vakansie
Wierie Woekerland is oop gedurende skoolvakansies, maar sluit gedurende alle openbare en “spesiale” skool vakansiedae. Ouers word jaarliks betyds ingelig rondom die sluiting- en openings datums.
Volg Ons
Wierie Woekerland deel gereeld foto’s en inligting van aktiwiteite op sosiale media. Dit is vir ons belangrik dat ouers op ‘n sosiale platform met mekaar en die skool kan skakel.
Volg ons gerus op Facebook om te sien wat al die Woekies by die skool aanvang!